DIE KERK VAN DIE HEILIGE ORDE ‘RUDE’


Rude” of “Rood” is ‘n ou Engelse woord wat die Kruis van die Kruisiging beteken.

Die eerste kerk op die plek was deur Koning David gestig in 1129, maar het afgebrand in 1406. Later was daar ‘n opdrag van die ‘Lord Chamberlain’ van Skotland om ‘n nuwe kerk to bou, en die Nave, Suid Aisle en toring was voltooi omtrent 1414. Die deel van die kerk, sy Skots pilare, sy Gotiese boue en oorspronklike houtdak is nou soos dit was toe dit aanvanklik gebou is.

Omdat die kerk nie groot genoeg vir al die mense was nie, was die koor gebou tussen 1507 en 1546 deur plaaslike werkers onder die toesig van die meester bouer, John Coutts.

In 1656, na ‘n geveg tussen twee predikers van die kerk en hulle volgelinge, het die dorp se raad ‘n skeiding gebou waar die kruis nou is. Twee kerke is dus gevorm: die OosKerk en die WesKerk met hulle eie predikante. Die situasie het aangegaan tot 1935 toe die twee kerke verenig het met een prediker.

Daarna volg ‘n groot restorasie tussen 1936 en 1940. Die muur tussen die twee is afgebreek, en die twee dele is vergroot. Die dak is voltooi, en die Koor en Kansel is opgebou terwyl die Konsistorie en Sessie-huis onder die vloer van die koor gebou is.

Tussen 1965 en 1968 was daar verder restorasiewerk aan die vensters. Baie ou stene is gerestoreer, en ‘n nuwe verwarmings sisteem is ingesit. In 1970 is die ses nuwe klokke gegiet en opgehang. Die klokke kan met hand of masjien beheer word.

Mary, Koningin van Skotland, het in die kerk gebid, en John Knox het hier gepreek. Mary se klein seuntjie (13 maande), James VI van Skotland (later James I van Engeland) was hier op 29 Julie 1596 gekroon. Dit beteken dat dit die enigste kerk in Brittanje is behalwe Westminster Abbey waar ‘n inhuldiging plaasgevind het.